Deel

Bekende plantkundige en botaniese tuin kurator sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bekende plantkundige en voormalige kurator van die Stellenbosch Botaniese tuin, 
Wim Tijmens, is oorlede.
Bekende plantkundige en voormalige kurator van die Stellenbosch Botaniese tuin, Wim Tijmens, is oorlede.
Willem Pretorius

Wim Tijmens, bekende plantkundige en voormalige kurator van die Stellenbosch Botaniese tuin, is gister oorlede.

Tijmens was instrumenteel in die vestiging van die bonsai-versameling in Stellenbosch en het tot sy laaste dae nog lesings oor die waarde van medisinale plante by die Rustenberg hidro buite die dorp gegee.

Wim het tot met sy dood die titel gedra van Emeritus Praefectus Horti aan die Universiteit Stellenbosch ná sy jarelange diens as kurator van die Botaniese Tuin.

Wim is in Nederland gebore waar hy as landskapargitek en tuinboukundige gekwalifiseer het.

Nadat hy na Suid-Afrika verhuis het, het hy eers by Kirstenbosch begin werk en is later na Bettysbaai verskuif waar hy vir twee jaar by die Harold Porter Botaniese Tuin gewerk het.

Vandaar het hy na Stellenbosch verhuis in 1962 om die leisels by Hans Herr oor te neem by die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin.

Hy het twee keer die American Fellowship by the Experiment in International Living and the Institute of Art and Science ontvang. In 1967 het hy in New York ingeval by die Brooklyn Botaniese Tuin en later sy waardevolle kennis plaaslik kom oordra.

Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat deur die Universiteit van Beijing by die Akademiese Uitruilprogram aangesluit het, en waarvan hy ’n erelid was. Sy reise het hom na eksotiese eilande en verafgeleë lande geneem waar hy betrokke was by die bestudering van elke styl en vorm van tuinmaak. Een van sy grootste passies was Japannese tuinmaak, wat uiteindelik gelei het tot die vestiging van die eens massiewe versameling bonsai in die US Botaniese Tuin.

Wim was ook ’n stigterslid van die Instituut vir Landskapargitekte van Suid-Afrika, ’n studierigting wat in sy kinderskoene was toe hy na Suid-Afrika verhuis het.

Willem Pretorius, konsultant van die World Bonsai Friendship Federation en vise-president van die African Bonsai Association, sê Tijmens se heengaan is baie hartseer en laat n groot leemte.

“Sy passie vir plante en sy wonderlike staaltjies sal lank onthou word. Tot sy laaste dae het hy nog vriende van die tuin en voormalige vrywilligers vir koffie en koekerye na sy huis genooi nadat die jongste kurator hulle vervreem het.

“Hy was die afgelope ruk ongesteld, maar het dit so geniet as mense vir hom kom kuier het. Hy het deur die jare soveel jongmense gehelp om hulle passie vir plante uit te leef. Hy gooi ’n lang skaduwee waarin baie mense rustig kan sit.”

Sy dogter het gisteroggend net voor nege laat weet Tijmens is tuis oorlede.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Manchester United 4
Sheffield United 2
besig om te laai... Regstreeks
Everton 2
Liverpool 0
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pond
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Goud
2,314.58
-0.3%
Silwer
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top-40
68,574
+0.8%
Alle aandele
74,514
+0.7%
Hulpbronne 10
60,444
+1.4%
Industriële 25
104,013
+1.2%
Finansiële 15
15,837
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos